Hoe om skerp te bly

'n Oulike verhaaltjie van twee houtkappers.  Een was 'n bejaarde en die ander een nog 'n jong knapie.  Op 'n dag het hul besluit om 'n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.
 
Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie.  Hy het gekap dat die byle huil!
Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.


Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon verstaan het nie.
 
Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus het hy hul geantwoord "Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak"
 
So werk ons lewe ook.  Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer "skerp" te maak vir elke dag se dagtake?  Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?

Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer!
Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.