'n Ware verhaal uit 1946

Die dame wat die verhaal vertel het, skryf soos volg:

Ek was 14, my kleinsus Maggie was 12 en my ouer suster Daleen 16.  Ons het saam met my ma in ‘n eenvoudige huisie gewoon en die 4 van ons het geweet wat dit was om met min klaar te kom.  My pa het 5 jaar gelede gesterf en vir ma sonder geld agter gelaat met 7 kinders om groot te maak.  My ouer susters en broers was alreeds uit die huis uit.



Die maand voor Paasfees het die predikant van ons gemeente afgekondig dat daar op Paas Sondag kollekte opgeneem gaan word vir ‘n arm familie.  Die dominee het vir ons almal gevra om ‘n geldjie weg te sit vir hierdie goeie doel.  Toe ons na kerk by die huis kom het ons koppe bymekaar gesit oor wat ons kon doen om by te dra.  Ons het almal besluit om ‘n groot sak aartappels te koop en vir ‘n maand lank net op aartappels te leef.  Grapjas Maggie het gesê dat hulle ons daarna sou kon plant en dat daar beslis aartappels sou opkom.

Op hierdie manier sou ons egter $20 kon spaar uit ons kruideniersgeld wat ons kon bydrae vir die arm familie.  Ons het verder besluit om so min as moontlik ligte aan te sit en nie na die radio te luister nie en sodoende krag kon spaar.  Daleen het soveel moontlik skoonmaak werk gedoen as wat vir haar menslik moontlik was en die res van ons het kinders opgepas.  Ma het babaklere gebrei en dit verkoop.

Hierdie maand was een van die beste maande in ons lewe.  Ons het elke dag die geld getel om te sien hoeveel ons nou al gespaar het.  Saans het ma altyd vir ons vertel hoe spesiaal ons familie is.  Ons was so opgewonde om te weet hoe die arm familie hierdie geld sou geniet wat die gemeente vir hulle gaan gee, ons het gehoop dat hulle dan ook net so spesiaal soos ons sou voel.

Die gemeente was klein maar ons was seker dat die gemeente baie meer as ons sou kon insamel vir hierdie wonderlike daad.  Die dominee het die gemeente gedurig herinner aan hierdie wonderlike saak.  Die dag voor Paasfees het ons al die kleingeld gaan omruil vir note.  Ek en Maggie het by die huis aangehardloop gekom met die note.  Ons het drie $20 note en een $10 gehad.  Ons het nog nooit so baie geld in ons huis gehad nie.

Daardie nag kon ons nie slaap van die opgewondenheid nie.  Dit het ons min geraak dat ons nou nie nuwe rokke vir die diens gehad het nie, die opgewondenheid van die $70 vir die dankoffer was te groot.  Op Paas Sondag het dit baie erg gereën.  Ons het nie ‘n sambreel gehad nie maar dit het ons min geskeel om pap nat te reën oppad kerk toe.  Daleen het karton in haar skoene gedruk om die gate toe te maak.  Ons almal het die kerk trots binne gestap.

Ek kon hoor hoe die tieners onder mekaar fluister oor hoe die Smith susters lyk.  Ek het na die tieners se nuwe rokke gekyk, aan die $70 gedink en in my binneste skatryk gevoel.  Met die dankoffer het Ma $10 en ons elkeen $20 ingegooi.  Oppad huistoe het ons vrolik gesing en ma het ons verras deur vir ons eiers saam met die aartappels vir middagete voor te sit.

Laatmiddag het die predikant met sy motor by ons huis aangekom.  Ma het ‘n rukkie met hom gepraat en sy het toe met ‘n koevert in haar hand na ons toe aangekom.  Sonder om ‘n woord te sê het ma die koevert oopgemaak en daar het een $10 noot, drie $20 note en sewentien $1 muntstukke geval.  Ma het die geld terug gesit in die koevert, niemand het gepraat nie.  Maggie se trane het oor haar wange gerol.  Vir een oomblik het ons almal soos miljoeners gevoel, maar nou voel ons soos lae skuim van die aarde.  Ons het altyd ander families jammer gekry en het altyd gedink dat dit groot pret was om die eetgery te deel onder mekaar.

Ek het geweet ons was nie ryk nie, maar ek het nooit gedink aan ons as arm nie.  Ons was seker maar arm want ons het die geld ontvang wat vir die arm familie was.  Niemand het ons as ‘n familie regtig geken nie anders sou hulle nie so ‘n etiket om ons nekke gehang het nie.  Ons het daardie aand baie stil gaan slaap en die komende week was ‘n baie stil week in die huis.

Ma het ons gevra wat ons met die geld wou doen maar niemand het ‘n woord gesê nie.  Sondag wou ons nie kerk toe gaan nie, maar ma het gesê ons sal gaan.  Die stap kerk toe is in doodse stilte gedoen alhoewel ma ons probeer opvrolik het deur ‘n paar liedjies te sing.  Die Sondag het ‘n sendeling uit Afrika gepreek en gesê dat die kerk in Afrika ‘n dak nodig het, dit sou $100 kos om die dak op te sit.  Ons predikant het gevra of ons as ‘n gemeente nie sou help nie.  Ons het na mekaar gekyk en geglimlag.  Ma het die koevert vir Daleen gegee wat dit vir my gegee het en ek het dit weer vir Maggie gegee om in die kollekte bordie te plaas.

Nadat die kollekte getel is het die predikant na ons kant toe gekyk en afgekondig dat ons as ‘n gemeente net meer as $100 ingesamel het.  Die sendeling was baie opgewonde en het aan die predikant gesê dat daar baie ryk mense in hierdie gemeente moes wees.  Skielik het dit ons getref dat ons $87 van die $100 gegee het.  Ons was die ryk familie in die gemeente.  Ek het na Ma, Daleen en Maggie gekyk en kon so duidelik vir Jesus in hulle lewe sien.

Mat 6:19-20 Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie, maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie.
Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.